Nog ‘n oudleerder gesels met Hoërskool Framesby
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby gesels met: Leandri Koen- Met ‘n hart vol onsekerheid, ‘n skoolgordel wat presies in die middel sit en die bynaam “Wessel se Sussie” het ek in 2004 saam met al my mede-Bromtjorre Graad 8 begin. Omdat ek dadelik betrokke geraak het en aan soveel as moontlik aktiwiteite deelgeneem het, het ek gou deel van die Framesbyfamilie geword. Daar was redenaars, debat, dansklub, Voortrekkers en sport. Ek het van 2004 – 2007 OP in artistiese swem verteenwoordig, in 2007 eerstespan netbal gespeel en ook vir die Oos-Kaap se B-netbalspan gespeel. Ek het ook Oos-Kaap in tweekamp verteenwoordig en graag deelgeneem aan atletiek en landloop.
In 2008 het ek die Presidents Verkenner-toekening as ‘n Voortrekker ontvang, maar ook ‘n groot voetoperasie ondergaan wat die einde van my sportloopbaan beteken het. Om hoofdogter in 2008 te wees, was ‘n wonderlike eer en voorreg. Dis hier by Framesby waar ek lewenslange vriende en vriendinne gemaak het, geleer het om vas te byt en aan te hou en om altyd die beste van elke
situasie te maak. Na skool het ek onderwys by NMU gaan studeer en daarna by Sunridge Primêre skool skoolgehou. In 2014 is ek deur ‘n “midlife-crisis” en het vir ‘n jaar in Amsterdam gaan au pair om te besluit wat ek vir die res van my lewe wou doen. Ek het toe BSc Dieetkunde by NMU gaan swot en my meestersgraad in terapeutiese voeding by Stellenbosch Universiteit voltooi. Ek werk tans as ‘n kliniese dieetkundige by Livingstone hospitaal. In 2018 is ek met Anton Koen (my hoërskoolliefde) getroud, en in 2020 het ons ‘n pragtige (BAIE besige) rooikopseuntjie ryker geword. My raad aan huidige skoliere sal wees om elke dag net die beste weergawe van jouself te wees en om te besef dat dit oukei is om nie alles “uitgefigure” te hê nie.



















