Afrikaanse Hoër Seunskool oudleerder kondig sy uittrede uit internasionale toetskrieket aan
ADVERTISEMENT
Neil Wagner (matriek 2004), bekende snelbouler van die Swartpette, het hierdie week sy uittrede uit internasionale toetskrieket aangekondig. Neil het sy internasionale buiging vir Nieu-Seeland in 2012, in ‘n toetswedstryd teen Wes-Indië, gemaak. Hy het uiteindelik 64 wedstryde gespeel, waarin hy 260 paaltjies het teen ‘n gemiddeld van 27.57, platgetrek het. Op sy beste dag op die blad het hy 7 paaltjies vir 39 lopies laat kantel. Hy het selfs met die kolf teen ‘n gemiddeld van 14.58 uiteindelik 875 toetslopies ingepalm. Baie geluk met ‘n toetsloopbaan wat oor 12 jaar gestrek het. Affies is trots op jou!
Foto: ICC










