Afrikaanse Hoër Meisieskool Ruiters se uitslae
ADVERTISEMENT
Drie van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria die Affie-ruiters het in hulle onderskeie perderasse se afdelings aan die jaarlikse “Horse of the Year”-skou deelgeneem en baie goed presteer.
Amé Pienaar het met haar perd, Von Ghaku Wanica, in die Warmbloedras die eerste plek in die 2024-HOY Novice Show Hack-afdeling verower.
Lutri Serfontein en haar Boerperd, Amiratus Orion, het aan die SA-Boerperdras deelgeneem. Hulle is as kampioen in die Western Plesierperd-afdeling aangewys. Hulle was tweede in die Werkende Ryperd-afdeling ruiter onder 15 jaar, tweede in die Skouryperd-afdeling ruiter onder 15 jaar en derde in die 80 cm Werkende Jagperd-afdeling.
Sienna du Toit en Ebisu Prinzuet is as reserwekampioen in die Purebred Arab Riding Horse-afdeling aangewys.
Sienna du Toit en Nabil Phareeza het die tweede plek in die Partbred /Anglo Arab Novice Riding Horse-afdeling en die derde plek in SASA Novice Junior Show Hunter-afdeling behaal.
Op haar beurt het Layla Hunter en haar perde, Diamonds Nikita en Butterbean Ivoor, aan die Gauteng Equitation Provincial Championships-skou deelgeneem en 2de, 3de en 4de plekke behaal.
Baie geluk, Ruiters! Julle hou Affie-ruitersport se naam hoog waar julle ook al deelneem. Ons is trots op julle!



















