Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria orkesklanke en engelstemme oortref alle verwagtinge
ADVERTISEMENT
Daar word gesê goeie dinge gebeur met diegene wat bereid is om te wag. Dit is beslis waar, want Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se bewonderaars en ondersteuners het lank gewag om die ikoniese kore en orkes se optrede die afgelope naweek in die Voortrekkermonument te kon ervaar! Alle verwagtinge is waarlik oortref. Vanuit alle oorde is die standaard van die sang en musiek geloof. Die akoestiek wat so eie aan die Voortrekkermonument is, het elke persoon getref. Daar was ‘n energie, ‘n unieke atmosfeer wat almal meegevoer het. Een van die waarste beskrywings van die geleentheid was me.Slabbert wat gesê het dat musiek vir haar een van die mooiste vorme van kuns is – en hiermee stem die AHMP-gemeenskap beslis saam. Die orkesklanke en die engelstemme leef voort in elkeen se hart.
Fotos: Natalie Goetsch


















