Hoërskool Upington alumni nou ’n aanbieder op die gewilde program Fiësta
ADVERTISEMENT
Nog ’n Oud-Uppie wat uitblink! Horskool Upington is ongelooflik trots op Lee-Ann Gerber (Odendal), wat in 2003 aan Hoërskool Upington gematrikuleer het en nou ’n aanbieder is op die gewilde program Fiësta! Lee-Ann se storie is ’n inspirasie vir ons almal – sy wys dat harde werk, passie en deursettingsvermoë werklik vrugte afwerp.
By Uppies glo ons daaraan om elkeen se unieke pad en talent te vier, en ons is so trots op al ons Oud-Uppies wat hul drome nastreef en daarin uitblink – op elke verhoog, veld of skerm.
Uppies Bo, Altyd So!









