Interskole Hoërskool Swellendam vs Hoërskool De villiers Graaff
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 7 Augustus, het Hoërskool Swellendam se 2de Interskole aangebreek..Elke netbalspeler het met BAIE gees, leeumoed en lús om hulle laaste wedstryd van die seisoen aan te pak,opgedaag. Met geverfde gesigte en ‘n Swellie-skare langs die baan, het elke span van o.14-o.19 Hoërskool Swellendam trots gemaak met uitstekende tellings.Hierdie dag was beslis die gepaste afsluiting van ‘n baie lekker netbaljaar.










