Hoërskool Centurion Florida Prestige Atletiek uitslae
ADVERTISEMENT
Die Woerie-atlete het Saterdag aan die jaarlikse Florida Prestige-byeenkoms op UJ deelgeneem. Benewens die gasheerskool (Florida) en die Woeries, was die ander deelnemende skole Hoërskool Klerksdorp, HTS Middelburg en Hoërskool Birchleigh. Die Woeries spog met 16 goue medaljes, 22 silwer medaljes en 35 brons medaljes. Baie geluk!



















