Laerskool Zeerust onderwysers presteer
ADVERTISEMENT
Twee Laerskool Zeerust-onderwysers is tydens die jaarlikse Platteland vergadering aangewys as verteenwoordigende lede.
- Mnr. Kenny Kroëse is verkies as sekretaris van Platteland rugby.
- Mnr. André Swart is verkies as O/voorsitter van Platteland rugby.
Hierdie twee menere was ook gedurende die jaar by vele ander provinsiale spanne betrokke. Mnr. Kroëse was die O.12 Luiperds-rugbyspan se spanbestuurder en dien ook as afrigter van die o.10 Sentraal-krieketspan. Mnr. Swart was die o.12 Luiperds-rugbyspan se afrigter en dien ook as afrigter van die o.11 Sentraal-krieketspan.
Nog Menere wat presteer:
Mnr. Tinus Hatting dien as afrigter van die O.11 Platteland-rugbyspan. Mnr. A.J. Erasmus dien as die O.13B Luiperds-rugbyspan se Chaperone, O.11 Platteland-rugbyspan afrigter, O.13 Dragons Platteland-krieketspan afrigter en O.12 Sentraal-krieketspan afrigter. Mnr. Edan Rall is die Dragons Platteland krieketafrigter.
Laerskool Zeerust se dames personeel verteenwoordig op provinsiale vlak!
Mev. Nadene du Plessis tree op as NW skeidsregter tydens die SASN All Ages netbal toernooi. Sy was ook lid van die NMM distrik komitee. Mev. Hendrien Swanepoel was ‘n NW netbal afrigter tydens die SASN All ages toernooi en ook lid van die NMM distrik komitee. Mej. Monique Kammerlander was ‘n spanbestuurder vir ‘n NW span tydens die SASN All ages netbal toernooi.


















