Hoërskool Despatch verwelkom nuwe Gr 8’s
ADVERTISEMENT
Die verandering van laerskool na hoërskool is ‘n groot aanpassing vir enige leerling om te maak. Hier by Hoërskool Despatch maak ons die verandering makliker deur ons leerders te beloon vir hulle harde werk. Ten spyte van ‘n pandemie het hulle nogsteeds hoë hoogtes bereik. Hier is ‘n groepie van ons nuwe graad 8-leerders wat baie goeie punte behaal het en by hul verskeie laerskole baie goed presteer het.
Ons leuse vir hierdie jaar, “HSD in my DNA” is dus van toepassing, want ons hier by Hoërskool Despatch is een groot familie.Netsoos Tavcor Volkwagen se leuse “make us part of your family” is hulle al so deel van ons HSD-familie. Hulle was so gaaf om vir die leerders ‘n koffiebeker te gee met daardie leuse op sodat hulle altyd sal onthou dat hulle geliefd is en dat ons trots op hulle is.Blaas Hoog die Vlam!
![]()










