Hoërskool Merensky skiewies bou saam aan “M”
ADVERTISEMENT
Elke nuwe graad 8 by Hoërskool Merensky het op 26 Januarie ‘n aandeel gehad aan die bou van die tradisionele “blokkie-M” wat in 2020 deur die UK-groep geïnisieer is. Elke skiewie ontvang ‘n blokkie waarop hy sy naam aan die voorkant, en ‘n doelwit of wens vir sy 5 jaar by Merensky aan die agterkant, skryf. Die meisies se blokkies is geel en die seuns s’n blou.
Hierdie M simboliseer elke leerder wat saam bou aan die Plasiegemeenskap. Soos wat elke blokkie bydra tot die groot geheel, so dra elke skiewie by tot die Plasiegees en gemeenskap. Die M kom net tot sy reg as al die blokkies daar is – so maak elkeen saak hier op Plasieland. Wanneer die leerders weer in graad 12 die tydkapsule opgrawe, word hierdie M oopgemaak en elkeen kry sy blokkie terug.

Skiewies spog met hul Blokkies-M.








