Hoërskool Kalahari junior krieketspan kry goeie blootstelling
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari se junior krieketspan het die eerste week van Januarie die GZ Camps & Sports krieket toernooi in Rustenburg bygewoon. Hier het die manne kragte gemeet teen ‘n paar sterk krieketskole.
Die seuns het in 6 x 30 boulbeurt wedstryde gespeel en dit was werklik ‘n hoogtepunt om te sien hoe hierdie jong spelers hul voete in Hoërskool krieket vind. Die Kalahari-manne sluit hulle toernooi met ‘n uitstekende 2 paaltjie oorwinning oor Hoërskool Nelspruit af.
‘n Paar individuele hoogtepunte :
- Jacques van Wyk het ‘n baie goeie toer beleef en neem 10 paaltjies in totaal oa: 4/28 in 5 beurte vs Nelspruit, 4/9 in 5 beurte vs Kathu Hy teken ook ‘n waardevolle 21 lopies van 35 balle teen Hoërskool Nelspruit aan om sodoende ‘n oorwinning vir Kalahari te verseker.
- Carl Thole boul 3 uitstekende boulbeurte teen Hoërskool Waterkloof en eindig met boulsyfers van 1/10 in 3 beurte.
- Yden Agenbag neem 3 paaltjies vir 18 lopies in 5 beurte teen Hoërskool Hoogenhout.
- Jonathan Fraser blink uit met die kolf en teken 48 lopies aan teen Hoërskool Hoogenhout.
- Janco Noeth teken 43 lopies van 41 balle aan teen Hoërskool Hoogenhout, asook 26 lopies van 26 balle onder moeilike omstandighede teen Hoërskool Rustenburg.
Vir hierdie jong spelers se krieketontwikkeling was hierdie 3 dae in Rustenburg van onskatbare waarde. Baie dankie ook vir die ondersteuning van ouers en familie.













