6 Hoërskool DF Malan-atlete op pad na SA’s in Germiston
ADVERTISEMENT
Die volgende Hoërskool DF Malan-atlete het die afgelope naweek by die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe deelgeneem waar hulle die Westelike Provinsie verteenwoordig het. Verder is ons trots om met u te deel dat 6 van ons atlete verkies is tot die Wes-Kaapspan wat in Germiston aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.
Hul uitslae is soos volg:
1. Brandon Bothma (400mh) – 2de
2. Rensha Hamman-Johnson (driesprong) – 2de
3. Charl Louw (hammergooi) 3de
4. Megan Scholtz (800m) – 1ste
5. Juan le Roux (diskus en gewigstoot) – 3de
6. Nadia van Wyk (1500m) – 2de
Baie, baie geluk.
Agter v.l.n.r.: Brandon-Leigh Bothma, Kanya Pieterse en Charl Louw.
Voor v.l.n.r.: Lara Engelbrecht, Megan Scholtz, Rencha Hamman-Johnson en Anke Hickman. (Afwesig: Juan le Roux en Nadia van Wyk).










