27 HS Durbanville leerders haal WP netbalspanne
ADVERTISEMENT
Hoërskool Durbanville se netbal het weer gewys waarom hy as een van die vooraanstaande skole in WP netbal is.
Durbanville lewer vanjaar 27 CTHS (Cape Town High Schools) en 13 Wes-Kaap netbalspelers op.
Twee van die Durbie-afrigters, Mev. Anandie Geustyn en Mnr. Grant Daniels brei ook albei Wes-Kaap netbalspanne.
Baie geluk aan ons Durbies, ons Durbie-Afrigters en ons ondersteuningspan wat hard werk agter die skerms om te verseker dat Hoërskool Durbanville se netbal van krag tot krag gaan.
#TrotsDurbanville
Netbal WP Spelers 2022: Agter v.l.n.r. Anja Mostert, Lara Krige, Chloe Serrotti, Isabella Agenbach, Natasha Watson, Bianca Odendaal, Heleen Holtzhausen, Minette Erasmus, Kayla Stegemann, Minieke Serfontein, Lara Hickey. Middel v.l.n.r. Lienka Serfontein, Amoné Wessels, Leri du Bois, Carna Theron, Anke Hols, Daniëlle Roux, Ané le Roux, Isabella Steyn, Emma Badenhorst. Voor v.l.n.r. Lara Cronjé, Anouk Marais, Kylie van der Bergh, Anika Loubser, Antonia Louw, Olivia Wilson, Chris-Marie Marx.










