Worcester-Noord Primêre Skool kombineer tegnologie en kreatiwiteit
ADVERTISEMENT
Die afgelope paar dae het ons graad twee en drie Noordjies die mooiste kunswerke van herwinbare materiaal gemaak.
Worcester -Noord Primêre Skool graad twee Noordjies het hul gunsteling seediere uit herwinbare materiaal gemaak. Die hoeveelheid moeite en kreatiwiteit wat hulle aan hierdie kunswerke bestee het, het ons personeel stomgeslaan. Ons is voorwaar trots op hul kunswerke.
Ons graad drie Noordjies het hul eie unieke rommelvoertuie uit herwinbare materiaal gebou! Met karton, doppies, strooitjies en hope verbeelding het die wiele behoorlik begin rol. Wat ’n prettige en praktiese manier om tegnologie en kreatiwiteit te kombineer!
Kyk gerus na die onderstaande foto’s waar ons vir oulaas vir kwartaal twee met ‘n paar unieke werke spog.






















