Voorbereidingskool Fanie Malan leerders presteer by die Conquesta Olimpiade
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Voorbereidingskool Fanie Malan se slimkoppe! Hulle is ongelooflik trots op al hulle leerders wat hierdie jaar aan die Conquesta Olimpiade deelgeneem het! Met 47 vraestelle geskryf, het hulle leerders puik presteer:
- Koper – 2
- Brons – 5
- Silwer – 8
- Goud – 6
- Diamant – 8
- Platinum – 18
Hierdie uitslae wys dat harde werk, deursettingsvermoë en ‘n liefde vir leer werklik beloon word! Spesiale vermelding:
- Wiskunde – Diamant (84%)
- Engels Huistaal – Goud (75%)
- Afrikaans Huistaal – Diamant (78%)
Baie geluk aan elke leerder wat die uitdaging aanvaar het en trots hulle skool se naam laat uitblink het!










