Twee van Laerskool Louis Leipoldt netbalspelers blink uit in Tshwane Prime League
ADVERTISEMENT
Renske Roux en Jana Holtzhauzen albei in Graad 7 van Laerskool Louis Leipoldt, is gekies om deel te wees van die Tshwane Prime League (TPL) – ‘n streeksnetballiga wat uit 10 klubs bestaan en deur Tshwane Netbal aangebied word. Renske is gekies vir die Pretoria Kudu’s en Jana vir die Tshwane Flamingo span – wat natuurlik beteken dat die twee sterre mekaar regstreeks op die baan gaan trotseer. Die liga skop af in Oktober. Sterkte aan die twee leerders en baie geluk met die uitsonderlike prestasie!










