Trots trotser Hoërskool Zwartkop-landloop
ADVERTISEMENT
Trots, trotser Hoërskool Zwartkop-landloop. Op Saterdag 3 Desember het Atletiek Suid-Afrika se landloopproewe te Potchefstroom plaasgevind waartydens die nasionale span gekies is wat die land tydens die wêreldkampioenskappe sal verteenwoordig.
Drie van die Zwarries se landloopdogters is in die proewespan ingesluit en het aan die o.20 vrouekompetisie deelgeneem: Luca de Waal (o.15) het ‘n 12de plek behaal, Wiepke Schoeman (o.16) 5de en Li-Mari Dekker (o.17) het ‘n uitstekende 4de plek behaal. Wiepke Schoeman en Li-Mari Dekker is by die Suid-Afrikaanse span ingesluit wat op 18 Februarie 2023 aan die Wêreldkampioenskappe te Bathirst, Australië, gaan deelneem. Baie geluk Wiepke en Li-Mari!

Wiepke Schoeman

Li-Mari Dekker

(l na r) Wiepke Schoeman, mnr. Willie Engelbrecht (afrigter), Li-Mari Dekker









