Swem prestasie vir Hoërskool DF Malan
ADVERTISEMENT
Beide Stephanie en Nicolas Minnaar, Hoërskool DF Malan swemmers van formaat, het vroeër vanjaar gekwalifiseer om aan die Wes-Kaap “Long Course”-kampioenskappe, asook die Wes-Kaap “Short Course”-kampioenskappe deel te neem. Nicolas het by die “Long Course”-kampioenskappe 4 goue medaljes en 1 silwer medalje verower. In die “Short Course” het hy in al die finale geswem en ‘n goue medalje losgeswem.
Nicolas het ook vanjaar SA vlak 3 geswem en in al sy items die finale gehaal. Hy was onder die top-10 in 6 items, het 4de gekom in die 400 m vryslag en 5de in 200 m vryslag. Baie geluk julle twee! Ons is sommer baie trots!
![]()










