Solidariteit Hoofleiersontbyt 2023 Hoërskool Die Wilgers droom groot
ADVERTISEMENT
Leierskapontwikkeling ‘n prioriteit 5 Jaar vir solidariteit jeug. Die 2023-Solidariteit Jeug Hoofleiersontbyt was besonders omdat dit ook vanjaar Solidariteit Jeug se 5de verjaardag is. Ons hoofleiers, Klara Wimmers en Kevin Nieman, het ons skool by die gesogte ontbyt, by Industrial Coffee Works in Centurion, verteenwoordig. Hoofleiers van regoor Gauteng is genooi om saam te kuier en leierskapsbande te smee.
“Die hoofleiersontbyt het vir Hoërskool Die Wilgers se leerder ‘n groter perspektief gegee oor verskeie tipe leiers wat mens kry. Dit was baie lekker om al die skole se hoofleiers te ontmoet en te hoor wat hulle vir hulle termyn beplan,” vertel Klara. Me. Anke Rothman, ‘n Mej Suid-Afrika 2023-finalis het die leiers toegespreek. Sy het getuig oor die belangrikheid van leierskap en geloof. Sy het gedeel dat jou drome grensloos kan wees en dat daar soms vreemde dinge met jou gaan gebeur maar dat dit altyd ten goede vir jou sal uitwerk.
Kevin vertel: “Die kos was uitstekend en die gasspreker, Me. Anke Rothman, se boodskap het ons geïnspireer om groter te droom vir wat ons in ons termyn wil bereik. Ons moet ons persoonlike toekomsdrome nastreef.” Die leiers is deur die musiekduo, “ONS”, vermaak. Nuwe vriendskapsbande is gesmee en oues is versterk. Dit bly vir ons skool ‘n voorreg om ons leiers die blootstelling te kan gee, veral by sulke ontwikkelingsgeleenthede. Baie geluk Solidariteit Jeug met 5 jaar waar julle vir ons leiers ‘n platform skep om hulself te ontwikkel.













