Skiet uitslae vir Die Hoërskool Wonderboom
ADVERTISEMENT
Chanté van der Merwe (15) het die Nasionale kampioenskappe by die Suid-Afrikaanse sport- en Jagfederasie, teikenskiet, met 10 verskillende wapens gewen Sy het ook geskiedenis gemaak om ‘n 100% met haar 300 holand en holand-magnum geweer op die 500 meter kompetisie te skiet. Die kompetisie was oor 3 dae in Bloemfontein. Chanté het Gauteng gaan verteenwoordig. Sy is die oorheersende wenner van alle skutte wat deelgeneem het, in al die ouderdomsgroepe.
Chanté van der Merwe (15) van Gauteng wat in Bloemfontein weggestap het as die algehele nasionale kampioen van die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie se Nasionale Baansport-skietkampienskap. Hier is sy saam met Dennie Taljaard, president van die Suid-Afrikaanse Sport en Jafgederasie.
Op die foto: Dennie Taljaard, president van die Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie en Chanté van der Merwe









