Sege na sege vir die Laerskool Bosveld rugby- en netbalspanne
ADVERTISEMENT
Laerskool Bosveld Primary het op die 16de Mei gasheer gespeel vir die rugby -en netbalspane van Laerskool Ellisras. Op `n dag wanneer strawwe kompetisie die norm is het die Bossies die fort gehou en geen nederlae op die rugbyveld afgestaan nie. Veral die eerste-span het karakter gewys na `n naelbyter wedstryd wat op 0 – 0 gelykop geëindeig het. Die tellings vir die rugby was as volg:
- 0.9 wen 10 – 0
- 0.10 wen 19 – 17
- 0.11 wen 20 – 7
- 3des wen 44 – 5
- 2des wen 24 – 15
- 1stes gelykop 0 – 0
Ook die Bossiemeisies het tande gewys en net een enkele wedstryd afgestaan aan hul opponente. `n Nederlaag wat op `n gepaste wyse gewreek is met hoë tellings elders. Die Bossies sien reeds uit na volgende jaar se wedstryde wat vir die Rassies op tuisbodem sal plaasvind.














