Rugbyspeler hou Laerskool Cradock se naam hoog tydens die Cravenweek
ADVERTISEMENT
Willem van Aardt, rugbyspeler van Laerskool Cradock, het gedurende die afgelope skoolvakansie as lid van die OP-span, aan die Cravenweek, deelgeneem.Willem is verkies tot die OP A-span as losskop voorry-speler. Die span het tot in Johannesburg gevlieg en by Menlopark gespeel. ‘n Hoogtepunt was dat die OP-span saam na ‘n wedstryd van die Blou Bulle kon kyk. Hulle het ook die voorreg gehad om die Springbokspan, op Loftus, te kon ontmoet.
OP het hul wedstryde teen Grens en Griekwas gewen,maar hulle het teen die Bulle en die Sharks verloor. OP eindig 9de in die toernooi, uit die 18 spanne wat aan die Cravenweek deelgeneem het. Willem het ‘n uitstekende toernooi beleef en die voorreg gehad om vir Frans Malherbe persoonlik te ontmoet. Dalk besluit die Springbokspelers om eendag Cradock te kom besoek, om self te kom sien hoe daar met merinoskape geboer en rugby op die platteland gespeel word! Laerskool Cradock is baie trots op Willem, wat die skool se naam tydens die onvergeetlike toernooi hoog gehou het.

Willem van Aardt

Elize en Acton van Aardt, trotse ouers van Willem, tydens sy “capping-seremonie” as lid van die OP A-span, wat aan die Cravenweek deelgeneem het.









