Rugby prestasie vir Longacres Privaatskool
ADVERTISEMENT
Vaughan Mouers van Longacres Privaatskool het hierdie week die Wes-Kaap o.15-rugbyspan met trots verteenwoordig. Die span het ’n uitstaande week beleef en onoorwonne afgesluit, met ’n indrukwekkende 36–0 oorwinning oor die Vrystaat in die finaal!
Baie geluk, Vaughan! Jou harde werk, deursettingsvermoë en passie vir rugby is ’n inspirasie vir ons almal. Ons is ongelooflik trots op jou prestasie!










