Rugby prestasie vir Hoërskool Kalahari
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari is ongelooflik trots op ons rugbyspelers wat opgeneem is in hul onderskeie provinsiale en streeksrugbyspanne!
Hierdie prestasies spreek boekdele van die harde werk, toewyding en passie wat ons spelers elke dag op en van die veld af wys. Dit is ook ’n bewys van die gehalte van Kalahari-rugby en die geweldige werk wat ons afrigters en ondersteuners doen om ons spelers te ontwikkel.
Baie geluk aan:
- Pako Kopeledi – O/18 Cravenweekspan
- Jan Fleming – O/18 Akademieweekspan
- Janco Ollewagen – O/18 Akademieweekspan
- Phenyo Moleleki – O/18 Akademieweekspan
- Henru Venter – O/16 Grant Khomoweekspan
- Luan Joubert – O/16 VKB Stedelike Span
- Christiano Reid – O/16 VKB Stedelike Span
- Waldu Noeth – O/16 VKB Stedelike Span
- Strauss van Heerden – O/15 AFGRI Weekspan
Elke speler het hierdie geleentheid verdien deur dissipline, opoffering en deursettingsvermoë. Julle dra die Kalahari-naam met trots en ons sien uit om julle verder te sien groei en presteer op die hoogste vlakke. Hou aan om die Kala-hart te wys!



















