Hoërskool Eldoraigne rugbyspanne presteer by die Noordvaal
ADVERTISEMENT
Die O.15A-rugbyspan van Hoërskool Eldoraigne het hulle alles gegee en in die finaal vir Ermelo met 25 – 19 geklop. Hulle tree dus as die Noordvaal-wenners uit die stryd! Eldo’s se O.16A-rugbyspan het tot die einde toe hulle harte uitgespeel en word met trots as naaswenners aangekondig. Hierdie twee spanne het hierdie seisoen gewys wat ware spanwerk, deursettingsvermoë en gees regtig beteken. Met die puik prestasies wen die Eldo’s dan ook die Noordvaal Bowl-afdeling en skuif op na die Skild-afdeling in 2026.

Rugby 015 A-span_Noorvaal Wenners

Rugby 016 A-span – Noorvaal Naaswenners









