Primêre Skool Worcester atleet lewer ‘n skitterende vertoning
ADVERTISEMENT
Primêre Skool Worcester se Melanie Lombaard (o. 13-meisies) het die naweek ‘n skitterende vertoning gelewer met ‘n nuwe rekord in diskus waar sy ‘n 1ste plek behaal het, asook ‘n 1ste plek in gewigstoot! Sy is opgeneem in die Wes-Kaapspan wat tussen 19 – 21 Maart 2026 aan die Nasionale Atletiek Kampioenskappe gaan deelneem. Hierdie is ‘n besonderse prestasie. Hartlik geluk! WPS wens vir Melanie alle sterkte toe, ons is baie trots op jou!










