Primêre Skool Naudeville personeel presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan juf. Clarise van Breda wat haar Pastorale Berading Vlak 3 voltooi het en juf. Lizelle Bezuidenhout wat haar Pastorale Berading Vlak 2 voltooi het. Primêre Skool Naudeville is baie trots op julle!
Baie geluk aan meneer Tommie Doubell (Ons skoolhoof) wat verkies is tot Vrystaat se SAOU ondervoorsitter. Dis vir ons ń voorreg om ń kundige skoolhoof by ons skool te kan hê! Sterkte vir Meneer se groot taak!
Juf. Maryna de Bruyn is verkies by die Lejweleputswa Netbalkomitee as Umpires Convener. Baie geluk, Juffrou!













