Primêre Skool Jordania skut presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Leibrandt Swart, ‘n Graad 7 leerder van Primêre Skool Jordania wat gekwalifiseer het om deel te neem aan die Nasionale Presidentskiet wat die 19e en 20e Augustus 2022 gaan plaasvind. Vir hierdie geleentheid word daar slegs 20 Juniors genooi om deel te neem. Leibrandt is tans 2de in die land vir die Juniors. Hy het ook gekwalifiseer vir die Nasionale Spanskiet en is deel van Riemland se A-span. Mooi so Leibrandt – ons wens jou alle sterkte toe!










