Laer Volkskool tennisspelers neem deel aan die TTA Tennis Toernooi
ADVERTISEMENT
‘n Hele paar van LVS se tennisspelers het op 10 en 11 Februarie 2024 Matchpoint Tennis Akademie by die jaarlikse TTA Toernooi in Grahamstad verteenwoordig. Ons kinders het pragtig gespeel en uitgestaan tussen al die ander leerders met goeie tennis-etiket.
Baie geluk aan Hermius Botha, Ian Maré en Kobus Lötter wat in die o.11 Matchpoint A-span hulle afdeling baie oortuigend gewen het.
Leerlinge wat aan die toernooi deelgeneem het is as volg:
- Hermius Botha
- Ian Maré
- Kobus Lötter
- Hardus Lötter
- Ulrich Steynberg
- James Asher
- Burger Slabbert
- Ilé du Piesanie
- Ruben Potgieter
- Frederik Steynberg
- Ben Asher











