Primêre Skool Jordania rugbyspeler presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk Xander Fourie! Xander was ‘n lid van die Griffons o.13 rugbyspan wat in die vakansie aan die VKB rygbyweek te Frankfort deelgeneem het. Na afloop van die toernooi is hy as een van die beste spelers gekies wat deel vorm van VKB se uitnodigingspan wat in Desember na Ierland gaan toer. Primêre Skool Jordania is baie trots op jou Xander!










