Opwarmings Rugbywedstryde Hoërskool Volksrust vs. Hoërskool Newcastle
ADVERTISEMENT
In nat en uitdagende omstandighede het Hoërskool Volksrust sterk vertoon teen Hoërskool Newcastle.Die o.14-span het 14-10 gewen, met Dian Jacobs wat met sy spoed en beslissende spel as man van die wedstryd aangewys is. Die o.15-span het 18-10 geseëvier en die o.16-span het met 14-10 gewen. Zwakhele Ngobese het uitgestaan met kragtige lopies en leierskap, wat hom die titel van man van die wedstryd besorg het.
Die tweedespan het ‘n sterk wedstryd gespeel en 7-0 gewen. Clyde Hutchison het met sy slim besluite en inspirerende spel uitgeblink.
Die eerste span het hard geveg, maar verloor 24-33. Andre van der Walt het met sy dinamiese spel en nooit-opgee-houding uitgeblink en is as die man van die wedstryd aangewys. Volksrust se spanne het vasberadenheid en talent gewys, wat groot belofte vir die seisoen inhou.









