Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Hoogenhout se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Hoogenhout, Bethal se hoofdogter: Adriana Hancke
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om ‘n verskil te maak!
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunt: is georganiseerd en hardwerkend
- Swakpunt: kan soms goed vergeet
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Definitief Covid! Ek mis dit om mense te sien glimlag sonder dat daar ‘n masker is wat in die pad is.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die bulala, tema dae en koshuislewe.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Om my beste potensiaal in elke vak te bereik, veral wiskunde.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie, onthou dat God aan jou kant is en dat enige iets met hom moontlik is.
Wie is jou rolmodel? Ek het nie net een nie, maar twee, en dit is my ouers! Hulle het my van kleinsaf gewys wat harde werk is, hoe om vir ander mense om te gee en my geleer om my vertroue in God te plaas, sonder hulle sou ek nie die mens wees wat ek vandag is nie!
Wat is jou planne vir na skool? Om na skool in ‘n onderwysrigting te gaan swot.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonderwoman. Wat is daaroor om te wonder?
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… my gesin en familie.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Baie beslis Chris Hemsworth.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Vir ure lank my gunsteling tv-reeks te kyk
- Andriod of iOS? iOS










