Op die AWSUM rusbank met Potchefstroom Gimnasium se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Potchefstroom Gimnasium se hoofseun: Martin van Onselen
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om ‘n verskil te maak en om aan die einde van my termyn terug te kyk en te sien wat ek vir die skool en leerders beteken het.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- My sterkpunte is: Ek is baie eerlik en is altyd daarop uit om ‘n glimlag op iemand se gesig te sit.
- My swakpunte is dat ek nie altyd die mense om my se opinies in ag neem nie. As ek ‘n idee in my kop kry, dan wil ek dit op my manier doen.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Daar is tans in die hele Covid-tydperk ‘n baie negatiewe gees onder die leerders. Ek sal graag die gees wil verbeter en dit vir leerders lekker maak om by die skool te wees.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Definitief Brandwag-Seunskoshuis. Dit is nie net my tweede huis nie, maar ‘n plek waar ek vyf dae ‘n week, saam met my broers, onskuldige kattekwaad aanjaag en herinneringe maak wat ek vir altyd sal onthou.
Matriek is jou laaste jaar, van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal graag ‘n 80% gemiddeld wil handhaaf en 70% vir Wiskunde.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Hou moed. Moet nooit opgee nie. ’n Mens is tot meer in staat as wat jy self dink.
Wie is jou rolmodel? My ma. Ek bewonder haar en sal ook graag eendag alles altyd so onder beheer wil hê soos sy. Ek weet dat my prestasies en alles wat ek al bereik het te danke is aan haar.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil baie graag oorsee gaan boer of krieket speel vir twee jaar en dan in Suid-Afrika my eie boerdery begin.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Ironman, want dan sou ek my beeste kon spuit sonder om ‘n drukgang te gebruik.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… Julle sal my kry tussen my beeste saam met my pa en ons drie honde.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Jordana Brewster.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met my vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Gunsteling TV-reeks kyk
- Andriod of iOS? Android










