Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Lutzville se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Lutzville se hoofdogter: Monique van Niekerk
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien die meeste uit om die ander leiers beter te leer ken en om 2022 ‘n fantastiese jaar te maak wat vir altyd onthou sal word.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? My sterkpunte is dat ek ‘n baie positiewe en vriendelike mens is en my swakpunte lê in my omgee hart, want ek sal altyd ander bo my sit.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Daar is niks wat ek wil verander nie, want Hoërskool Lutzville is die Beste! Beter as dit sal jy nie kry nie.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Ek geniet pousetye saam met my vriende en al die aktiwiteite en geleenthede wat die skool vir ons bied.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sal onthou wil word as die leier wat ek was en wil ook graag goeie punte behaal.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? “Be strong, but not rude. Be kind, but not weak. Be humble, but not timid. Be proud, but not arrogant.”
Wie is jou rolmodel? Magé Troskie.
Wat is jou planne vir na skool? Na skool wil ek graag onderwys by Wellington gaan studeer, maar ek gaan al my vertroue op die Here sit en net vertrou wat hy oor my pad gaan stuur.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman, want sy is sterk en taai, maar terselfdetyd gee sy baie om oor mense en is vriendelik. Sy is ook nie bang om te baklei vir wat reg is nie.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… die huis in die sitkamer saam met my familie.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Noah Centineo.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees bywoon
- Andriod of iOS? Android









