[Onderhoud] Mariné Pretorius.: o.19A dogtershokkiekaptein van Hoërskool Eldoraigne
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Mariné Pretorius Hoërskool Eldoraigne se o.19A dogtershokkiekaptein oor die FNB Classic Clash gesels vs Hoërskool Zwartkop.
Mariné Pretorius (Kaptein)
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons toer Kaap toe is vir ons defnitief `n hoogtepunt.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span om hulle aan te moedig om aan te hou al maak hulle foute, en dat die hele span daar is om mekaar te help om die fout reg te maak.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Alet Hattingh en Inke Nel is ons onderkapteins. Ons staan saam om situasies te evalueer en besluite te neem.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Om die Classic Clash te wen, om by Noordvaal ‘n medalje te wen en om as `n span saam te groei en ons doelwitte te bereik.
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier










