Hoërskool Zwartkop vs Hoërskool Eldoraigne: Hier is Hoërskool Zwartkop se A rugbyspanne
ADVERTISEMENT
Die rugbyspanne is gereed vir die kragmeting. AWSUM gesels met, David Gouws rugbyafrigter van Hoërskool Zwartkop oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Hulle kan seuns wat bereid is om te veg tot die einde verwag, seuns wat hulle lywe op die spel sit en seuns wat vir mekaar speel. Ons sal probeer dat die bal die werk doen en natuurlik om die opponent se foute uit te buit en dit in punte om te skakel.
Hoe is die samestelling van die span vir die naweek? Enige beserings? Week-na-week poog ons dat die beste moontlike vyftien spelers op die veld draf. Huidiglik is daar enkele beserings wat wel ‘n invloed op die span het, maar so kry die volgende speler weer die geleentheid om sy staal te wys en te groei. Ons het ‘n klein woelige pak voorspelers wat nie terugstaan nie en senters wat daarvan hou om met die bal te hardloop.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons werk baie hard aan aanvalsgeleenthede en glo dat as ons die balbesit kan behou en fases opsit, sal ons aan die einde van die dag beloon word. Soos ons almal weet kan jy nie rugby speel sonder die bal nie, maar ons weet ook dat verdediging vir jou wedstryde kan wen.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler? Die een wat bereid is om te leer, hy moet ” coachable” wees, hy moet ‘n spanspeler wees, sy basiese vaardige moet daar wees en hy moet sy eie unieke verassingselement hê.
Wat is jou filosofie as `n afrigter? Om die spelers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede sodat hy die beste moontlike speler in sy posisie kan wees, ook om ‘n gedissiplineerde jong man nie net op die veld nie, maar ook van die veld af te kweek. Laastens moet hy dit wat hy doen geniet en binne die vier lyne kan niks hom keer om sy talente wat hy gekry het, uit te leef nie.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Ek kyk op na alle rugbyafrigters en glo ook dat mens by elkeen iets kan leer, of dit nou Bulletjie-afrigters is, laerskole of hoërskole – die tyd, moeite, omgee en geduld wat afrigters in spelers en spanne belê, is alles vir die liefde van die spel.
o.19 A
o.19 B
Voor: Marko Coetzee, Zulu Mona, Shi-loh Prince, Luan Isaacks, Abri Visser, Layton Wilson, Kyle Koopman, Darius Van Stryp Agter: Kian Rossouw, JG van Niekerk, Wian Koeglenberg, Maurice Lotter, Dirco La Marque, Wian Smit, Ettiene van Niekerk, Andre Marx
o.19 C en D
Voor Dmitri vd Vyver, Johnathan Ferreira, Paul Kotze , Niellin Nontyi, Mauritz Swart, Darius van Stryp, Robert Herbst, Daveron Arries, Charlie Claase, Alexis le Roux, Agter Adriaan Snyman, JG van Vuuren, Wihan Smith, Divan Lombaard, Arno Burger, Macro Coetzee, Tristan van Dyk, Petrich Kruger, Jason Jubber, PJ Eloff, Julius van Loggerenberg, Janus van der Mescht
o.16 A
Voor: Christiaan de Vries, Shayden Botha, Jacques du Plessis, Wihan Pelser, Wihan Roux(K), David van Jaarsveld(OK), Tilon Baron, Marko Herbst, Stiaan Botha, Regan Blignaut.
Agter: AJ Hendricks, Dian Booyens, Jethro le Roux, Franco van Tonder, Reghardt Naudé, Dian du Plooy, Herman Potgieter, Mikka Allers, Johan Armstrong, Luan Wepener, Matthew Smith.
o.15 A
Voor links na regs:Ethan Deneys;Justin Visser;Thomas Muller;Stian Scholtz;Tayten Thiart;Giandré Claassen;Jacques Jv Rensburg;Quwin Meyer;Luhan van Staaden;Lian Meyer;Dameon van der Merwe;Ruvan Burger Agter links na regs Garrith Warie;Vian Fourie;Zane Venter;Sebastian van der Mescht;Nathan de Bruin ;Ryan Buys ;Austin Yzelle ;Heinrich Kotze;Justin Ferreira;Micah Dry;Ruan Jordaan;Judah le Roux ;Zachary Basson
o.14 A
Voor vlr: Keagan Watkins, Dian Snyman, De Wet De Lange, Franco Alberts, AJ Kleinsmit, Jaydin Olivier, Roschua Gleeson, Bashir Blaaw, Thabiso Magoro, Lehan Naude
Agter Vlr: Dominic Du Toit, Alexander Boucher, Ben-Martin Albets, William De Lange, Ruan Fuchs, Christopher Dobson,Wilhelm Du Toit, Markus Bothma, LJ Rootman, Xian Gouws, Llewellyn Brits, Hendré Taljaard
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier




































