[Onderhoud] Handru Dickinson.: o.19A seunshokkiekaptein van Hoërskool Zwartkop
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Handru Dickinson Hoërskool Zwartkop se o.19A seunshokkiekaptein oor die FNB Classic Clash gesels vs Hoërskool Eldoraigne.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Die klere-oorhandigingseremonie wat ons span gehad het was vir ons `n hoogtepunt en het die span nader aan mekaar gebring.
Hoe motiveer jy die span? Ek probeer my span motiveer deur om hulle moed in te praat en om oefeninge en wedstryde vir hulle lekker te maak.
Wie is jou onderkaptein en hoe staan hy jou by? Handré Coetzee, hy help my om die span se moraal hoog te hou en hy help my met beplanning, sodat alles in die seisoen goed kan verloop
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal julle trots maak? Ons wil in die Cape Town International-toernooi later in die jaar goed presteer. As ons die hegte vriendskapsbande wat tydens die jaar gevorm is sal kan volhou, sal dit my baie trots maak.
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier










