[Onderhoud] Kade Poonasamy.: o.19A seunshokkiekaptein van Hoërskool Eldoraigne
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Kade Poonasamy Hoërskool Eldoraigne se o.19A seunshokkiekaptein oor die FNB Classic Clash gesels vs Hoërskool Zwartkop.
Kade Poonasamy
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?`n Hoogtepunt vir ons is die KES Easter Festival. Ons het regtig die jaar goed begin en het die platform geskep vir dit wat ons die res van die jaar wil bereik – om net goeie hokkie te speel.
Hoe motiveer jy jou span? Deur vir hulle `n voorbeeld te stel as ek die ekstra myl gaan, so motiveer ek die mense langs my om dieselfde te doen, want hulle sien ek sal dit vir hulle doen.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Ons onderkapteins is Markus Zeelie, Christian Ruytenberg en Ewan van der Walt. Hulle ondersteun my deur beheer tussen die verskillende hokkielyne te neem en kan dan meer spesifiek wees wanneer hulle net met hulle bepaalde groepe praat.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons wil graag by Top Schools aan die einde van die jaar presteer. Dit sal wonderlik wees en my super trots maak as ons onder die top twee eindig.
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die naweek aanlyn of kry joune by die skool! Klik hier










