Nuwe personeel by Laerskool Aliwal-Noord
ADVERTISEMENT
Nuwe personeel by Laerskool Aliwal-Noord. Baie welkom aan ons nuwe Gr. 1C juffrou in die Engelse klas. “Ek is Samantha van Zyl, maar ek verkies Sammy. Ek het groot geword op Rouxville en het my skoolloopbaan in Zastron voltooi. Ek het my B.Ed graad deur UNISA verwerf terwyl ek voltyds by ‘n dagsorg gewerk het. In my vrye tyd probeer ek soveel moontlik tyd saam my kinders spandeer en uit te rus, wat soms baie moeilik is, want ek is altyd besig met iets!”
Sammy van Zyl
Baie welkom ook aan juf. Elmarie Nel in Gr. 2A. “Ek is Elmarie Nel en ek is al vir die laaste 36 jaar deel van die Aliwal-Noord gemeenskap. Ek het my skooljare voltooi by Laerskool Aliwal-Noord en het gematrikuleer te ANHS. Hierna het ek my B.Ed Voorskool en grondslagfase graad verwerf te Kovsies. Ek het ‘n passie vir die ontwikkeling van kinders. Ek glo daarin dat wanneer kinders se harte gelukkig is hulle optimaal kan leer. Skool moet ‘n lekker ervaring wees vir elke leerder wat deur my hande gaan. In my vrye tyd geniet ek dit om te bak en brou asook om tyd saam met my man en 2 dogtertjies te spandeer.” Ons glo julle gaan sommer baie gelukkig wees hier in Alieland.
Elmarie Nel










