Netbaluitslae vir Hoërskool Volksrust vs Sarel Cilliers
ADVERTISEMENT
Dit was ’n dag vol goeie netbal en sterk spanpogings toe Hoërskool Volksrust teen Sarel Cilliers kragte gemeet het. Alhoewel die uitslae nie in ons guns was nie, het elke span met vasberadenheid gespeel en waardevolle wedstrydervaring opgedoen.
Uitslae:
- o.14 verloor 6–20
- o.15 verloor 8–15
- o.16 verloor 9–11
- 2de span verloor 7–20
Die 1ste span het egter ’n besonderse vertoning gelewer en ’n pragtige wedstryd gespeel. Ten spyte van ’n harde stryd moes hulle ongelukkig die knie buig met 21–14. Baie dankie aan al die spelers vir hul harde werk en span gees op die baan. Ons is trots op elke speler se toewyding en sien uit na die volgende wedstryde.










