Netbalspelers maak Hoërskool Ermelo trots by MPU-netbaltoernooie
ADVERTISEMENT
Liani Butter, Abigail Homan en me U-Vandé Nortje was gedurende die vakansie by EG Jansen se All Ages PMU-netbaltoernooi waar hulle in hul onderskeie spanne presteer het. Liani en Abigail (o.14 A1) eindig agtste en me Nortje (o.14 A2) eindig twaalfde uit 24 van die land se provinsiale spanne.
Tharina Viljoen (o.17 A2) en Hayley van der Walt (o.18 A1) neem aan die TNC MPU Netbaltoernooi deel. Die Telkom Netball Championship is vandeesjaar te Waterkloof aangebied. Tharina is gekies as kaptein vir haar span en hulle eindig veertiende. Hayley, wat haar provinsie verteenwoordig in die o18A-span, eindig vierde. Hierdie span het die beste presteer (tesame met die o.17 A1-span) van al die MPU-spanne. Baie geluk, dogters en me Nortje. Hoërskool Ermelo is besonder trots op julle!

Abigail Homan, me U-Vandé Nortje en Liani Bütter

Hayley van der Walt en Tharina Viljoen









