Muurbal prestasie vir Laerskool Vorentoe
ADVERTISEMENT
Hanja Gildenhuys (graad 7), Arnoux Rossouw (graad 7) en Ruben Marx (graad 6) het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart aan die Bloemfontein Ope Muurbaltoernooi deelgeneem. Daar het 450 leerders van regoor SA aan hierdie toernooi deelgeneem.
Uitslae as volg:
- Hanja eindig 10de in die o.13-dogters A-afdeling
- Arnoux eindig 21ste in die o.13-seuns A-afdeling.
- Ruben eindig 19de in die o.13-seuns B-afdeling.
Baie geluk aan hierdie leerders wat Laerskool Vorentoe op hierdie vlak verteenwoordig het.










