Mnr & Mej Hoërskool Diamantveld 2023
ADVERTISEMENT
Mnr. & Mej. Hoërskool Diamantveld 2023. Dit was danspassies, die sogenaamde “catwalk” en mode by die jaarlikse Mnr. en Mej. Diamantveld. Die tema vanjaar was “Country” en ons leerders het hulle uiters goed van hulle taak gekwyt. Ons finaliste het baie waarde tot die gemeenskap toegevoeg met hulle uiters puik en deurdagte gemeenskapsprojekte. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons borge wat die aand moontlik gemaak het in die besonder te bedank. Sonder u sou hierdie glansgeleentheid nie kon plaasvind nie. Hartlik geluk aan ons waardige wenners:
Mej. Diamantveld: Caylin Gouws
- Mnr. Diamantveld: CJ Rademeyer
- Eerste prinses: Anliné Brunette
- Eerste prins: Shaun-Michael Zondagh
- Tweede prinses: Carla Roos
- Tweede prins: De Villiers Strauss
- Mnr. Lyf: Filip du Randt
- Mej. Bene: Danielle Posthumus
- Mnr. Persoonlikheid: Shaun-Michael Zondagh
- Mej. Persoonlikheid: Carlé van Zyl
- Mnr. Fotogenies: Barco Scheffer
- Mej. Fotogenies: Anushka Hugo
- Meneer van die jaar: Mnr. Louw
![]()










