Mnr en Mej Hoërskool Zwartkop 2023/2024 gekroon
ADVERTISEMENT
Dit was ’n aand van behoorlike glitz en glam waar almal weggevoer is na ’n skouspelagtige wêreld van Swart en Goud. Op Saterdag, 21 Oktober het maande se beplanning en oefening bymekaar gekom op die Hoërskool Zwartkop verhoog.
Tydens hierdie spoggeleentheid is Jaden Hefer as 2de Prins aangewys terwyl Suné Venter as die 2de Prinses bekroon is. Heinrich de Klerk het nie net met die 1ste Prins titel weggestap nie maar is ook aangewys as Mnr Galant. Aan sy sy is Megan Morehen met die 1ste Prinses kroon.
Chloe van Rensburg word as Mej Fotogenies aangewys, Danica Laas as Mej Persoonlikheid en Wihann Smit as Mnr. Persoonlikheid. Debutant en Mej Finesse gaan aan Anika Botha en Lienka de Villiers onderskeidelik. Dit was egter Regardt de Klerk en Anika Botha wat die beoordelaars se harte en punte gewen het en is as die spiksplinternuwe Mnr en Mej Zwarrie van 2023 gekroon.










