Mnr en Mej Hoërskool Labori 2025
ADVERTISEMENT
Mnr en Mej Labori-kompetisie was ‘n spoggeleentheid vol glans, styl en talent! Die deelnemers het hulself oortref met selfvertroue, kreatiwiteit en charisma. Na ‘n aand van indrukwekkende vertonings en glansryke oomblikke is die volgende wenners aangekondig:
- Mnr Labori 2025 – Antonio Robinson
- Mej Labori 2025 – Jaydine de Kock
- 1ste Prins – McNiel Thomas
- 1ste Prinses – Mischa Williams
- 2de Prins – MJ Booker
- 2de Prinses – Raylee Mars
Bykomende toekennings het gegaan aan:
- Mnr Persoonlikheid – MJ Booker
- Mej Persoonlikheid – Raylee Mars
- Mnr Fotogenies – Owen Abrahams
- Mej Fotogenies – Nicola van der Heever
‘n Groot dankie aan die beoordelaars vir hul entoesiastiese deelname en moeite om elke deelnemer regverdig te evalueer, julle het hierdie aand werklik onvergeetlik gemaak.
Ons wil ook ons opregte waardering uitspreek teenoor Lindie Stander, wat met soveel styl en flair as seremoniemeester opgetree het – jou teenwoordigheid het die aand na ‘n volgende vlak geneem!
Laastens, ‘n hartlike dankie aan al ons borge vir hul ruimhartige ondersteuning – julle betrokkenheid het ‘n groot verskil gemaak.
Baie geluk aan al ons wenners en deelnemers.
Mnr Labori 2025 – Antonio Robinson Mej Labori 2025 – Jaydine de Kock
![]()










