Mnr en Mej Hoërskool Despatch
ADVERTISEMENT
Ons jaarlikse Mnr. en Mej. Hoërskool Despatch het Donderdagaand, 25 Mei plaasgevind. Die tema vir vanjaar was Midde-Ooste. Die deelnemers het ongelooflik in hul aandrokke en aandpakke gelyk en ons asems vele kere weggeslaan. Die aand was ‘n groot sukses en almal het dit verskriklik geniet. Baie geluk aan die seniors wat gekroon was:
• Mnr. Senior Hoërskool Despatch – Thinus Booyens
• Eerste prins – Ewan Kemp
• Tweede prins – Herman Lamprecht
• Mej. Senior Hoërskool Despatch – Elke Erasmus
• Eerste prinses – Anke Britz
• Tweede prinses – Tylo Gerber
Baie geluk aan die juniors wat gekroon was:
• Mnr. Junior Hoërskool Despatch – Lutkin Kemp
• Eerste prins – Decan van Rooyen
• Tweede prins – Niekie Joubert
• Mej. Junior Hoërskool Despatch – Jessica Carelse
• Eerste prinses – Zoey Scriven
• Tweede prinses – Kèani Schoultz
• Mnr. Persoonlikheid – Louw van Schalkwyk
• Mej. Persoonlikheid – Dylané Roelofse
Dankie aan elke personeellid, ouer en leerder wat gehelp het om hierdie aand ‘n groot sukses te maak! Ook ‘n spesiale dankie aan Riaan Trosee vir die neem van die foto’s.
Foto krediet: Riaan Trosee Photography

























