Hoërskool Centurion leerder presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Centurion leerder presteer. WOERIE PRESTEER TYDENS NASIONALE MODELKOMPETISIES. Op 8 Oktober het Simoné Calitz (gr. 11) aan 3 nasionale modelkompetisies, wat deur Pageants SA en 27 Red georganiseer is, deelgeneem. Tydens hierdie kompetisies het sy die volgende titels verower:
- Miss Junior Ekurhuleni 2022
- Miss Junior Supreme Queen 2022
- Junior Miss Teen South-Africa 2022
- Junior Miss Teen Universe SA 2022
Simoné is ook genooi om in Mei 2023 Suid-Afrika in ‘n internasionale kompetisie in Turkye te verteenwoordig. Welgedaan, Simoné! Die Woeries is trots op jou.










