Ligbron Akademie vir Tegnologie neem deel aan die Noordvaal Hokkie uitspele
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Ligbron se eerste meisies hokkiespan het tydens die afgelope langnaweek aan die Noordvaal hokkie uitspele deelgeneem wat by Cornwall High School in Pretori aangebied is. Hierdie ster span het Ligbron se naam hoog gehou toe hulle tot in die eindstryd gevorder het.
Dit was ‘n opdraande stryd tot in die finaal. Hul eerste wedstryd was teen Horskool Monument van Krugersdorp (0 – 3). Daarna het hulle gelyk geeindig teen Midstream. Dit het hulle ‘n plek in die kwarteindstryde verseker, waar hulle t 2 – 1 teen Hoërskool Middelburg geseevier het. In die halfeindstryd speel hulle teen Potchefstroom Gimnasium. Dit was ‘n naelbyt wedstryd wat hulle 3 – 2 gewen het. Hulle speel in die eindstryd weer teen Hoërskool Monument en verloor ongelukkig die wedstryd 0 – 6. Baie geluk aan hierdie span en hul afrigter me Lizmarie van Eeden










