Laerskool Wynland Blitsuitdaging 2022
ADVERTISEMENT
Op Donderdag, 17 Februarie het Laerskool Wynland ‘n Blitsuitdaging byeenkoms by Worcester Gimnasium gehou. 7 Sterk skole was genooi om deel van die verrigtinge te wees. Dit was lekker om al die jong talent in aksie te sien, en die gees was aansteeklik onder die deelnemers en toeskouers wat die maats aangemoedig het om hul beste te lewer. Baie dankie aan ons personeel wat gehelp het in die dag se sukses.












