Laerskool Wonderboom akrobate vaar uitstekend
ADVERTISEMENT
Laerskool Wonderboom leerder Lenike Loots in graad 4 het deelgeneem aan die Gauteng-Noord Akrobaat Kampioenskappe. Sy het ‘n eerste plek verower, asook ‘n spesiale toekenning gekry vir Highest Score Overall in haar ouderdom. Lenike dring deur na die SA Akrobaat Kampioenskappe wat plaasvind in Junie.

Lenike Loots
Ivanke Loots en Teneal Schäfer in graad 7 het op 23 April aan die Noordelike Distrik Akrobaat Kampioenskappe deelgeneem. Hulle het deurgedring na die Gauteng Noord Akrobaat Kampioenskappe wat op 12 Mei plaasgevind het. Ivanke het ‘n eerste plek met ‘n punt van 9.80 uit 10 behaal, asook ‘n spesiale toekenning vir Highest Overall Score en verwerf haar provinsiale klere. Teneal het ‘n derde plek met ‘n punt van 9.15 uit 10 behaal en verwerf haar provinsiale klere. Hulle kwalifiseer om die Gauteng-Noord span te verteenwoordig by die SA Akrobaat Kampioenskappe wat in Junie sal plaasvind.

Ivanke Loots en Teneal Schäfer
Mignon Swart het Saterdag, 13 Mei, aan die Legends of the Arts Gauteng-kompetisie deelgeneem. Sy het 2 goue (A+) medaljes verwerf in:
- Open Modern Dance
- Classical Ballet

Mignon Swart
Lucinda Maree verwerf Noord-Gauteng klere vir akrobaat.

Lucinda Maree









